Wedergeboorte of Verbondskind?

Wedergeboorte of Verbondskind?

Johannes 3:3 "Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie." 

Wedergeboorte is 'n woord wat ons deesdae gereeld hoor. Ongelukkig besef die meeste mense wat die woord gebruik in welke vorm ookal, nie die ware betekenis daarvan nie. Die woord wedergeboorte kom die eerste keer in Joh 3 : 3 voor toe Jesus dit aanbeveel het vir een van die senior manne van die Joodse geloof, Nikodemus. Wedergeboorte het 'n nie-Joodse betekenis, en word vir alle Nuwe Testamentiese gelowiges deur Jesus Christus aanbeveel. En dit wat hy aanbeveel moet gedoen word.    

Die meeste mense waarmee ek oor saligheid deel, behoort tot die Calvinistiese godsdiens. Dit is altyd vir hulle ‘n geweldige skok wanneer ek aan hulle verduidelik dat hulle kerke en die se geskrifte, nie die wedergeboorte, soos beveel deur Jesus, aanbeveel vir hulle lidmate nie, want hulle glo nie daarin nie. Die Calviniste glo aan die verbonds teorie. Die verbonds teorie van die sogenaamde susters kerke, hou hulle lidmate gevangene in 'n tronk van leuens en halwe waarhede. Hulle glo dat die verbond wat God met Abraham gesluit het, alle blanke Afrikaners wat lidmate van hulle kerke is, insluit.

Dit beteken dat slegs Calvinistiese lidmate God se verbonds kinders is, en dat slegs verbonds ouers, verbonds babas en kinders in die lewe kan bring. Dit beteken verder dat, aangesien hulle verbonds mense is (geestelike Jode), hulle dus outomatiese saligheid het, net soos die Jode in die Ou Testament, en asgevolg daarvan, het hulle nie soos Nikodemus of enige ander heidene en sektes, die Wedergeboorte, nodig nie. As 'n Calvinis dus sê dat hy of sy ook wedergebore is, glo die meeste van hulle dat hulle natuurlike geboorte ook hulle wedergeboorte is.

Wedergeboorte is elke bekeerde mens se tweede of geestelike geboorte. Dit is die belangrikste ondervinding wat 'n mens ooit kan hê. Eers word jy na die vlees gebore, en dan, as jy aan die Heilige Gees se roepstem gehoorsaam is om jou hart en lewe aan God te gee, word jy deur die Heilige Gees gewederbaar om 'n nuwe skepsel in Christus te wees. Die persoon wat dus nooit 'n geestelike geboorte gehad het nie, is verlore en gaan hel toe. Die wedergebore mens leef nou in Christus, en het gesterf vir hierdie sondige wêreld en tradisies, en as hy aanhou tot op die end, sal hy vir die ewigheid gered wees, en saam met die Godheid leef. 

Die verbonds leuen het letterlik miljoene mense op `n dwaalspoor laat beland, en miljoene meer is op pad daarheen. Jy kan nou vra wie my die reg gee om sulke verskriklike aantuigings te maak? Die Bybel natuurlik.

Die kerk se reëls en reglemente is niks werd nie en totaal nutteloos as dit met God se Woord bots. Jesus sê "My Woord sal julle oordeel in die laaste dag" Mense is vir dekades deur hierdie kerke en hul "leraars" gebreinspoel en gekondisioneer om die grondwette en geskrifte van hulle kerke te glo, eerder as die Bybel. Vele van ons grootouers en ouers het onskuldige kinders, onder leiding van hulle predikante en kerkleiers, geleer dat die Predikante en die onderwysers nie vir ons sal lieg nie; maar hulle het, en hulle doen dit nog steeds! 

Daar is gelieg oor apartheid en word steeds gelieg oor die doop (alhoewel baie van hulle predikante en lidmate in die geheim gedoop is.) Hulle lieg vir hulle lidmate oor die wedergeboorte, soos beveel deur Jesus Christus aan die ganse kerk. Hulle lieg nou ook oor die egtheid van die Bybel.

Indien jy 'n lidmaat of predikant is in een van die Calvinistiese kerke ens.., verstaan dit wat ek nou gaan skryf mooi. Jy kan nie 'n Wedergebore mens wees en terselfde tyd 'n verbonds kind nie. Jy is of die een of die ander. Indien jy nou waarlik Weergebore is of in die toekoms Weergebore word, sal jy nie in jou kerk kan aanbly  nie,  want  ‘n  lewendige  kuiken  sal  nie  onder  ‘n dooie hen lewendig bly nie!

Die Wedergeboorte en die verbonds teorie is onversoenbaar met mekaar.

Na Wedergeboorte moet 'n pad van `n heiligmakende leefwyse gevolg word. Heiligmaking beteken om elke dag verder weg te beweeg van die wêreld en sy sonde en onheilighede, en al hoe nader aan God.

Die Bybel verklaar dat: sonder Heiligmaking of 'n heilige leefwyse, niemand die Here sal sien nie.  Heb 12:14. 

Share

Comments

  Comment Your feedback helps us to improve the message we cary

Subscribe: e-Shofar

The e-Shofar is an email newsletter that provides prophetic insight into current event and other news updates.
Thank you for supporting this Ministry.
2 Corinthians 9:6-7

© 2024 Longtom Radio. Some rights reserved. Free to copy and distribute articles and audio programs.