Reaksie op John Hagee se Boek, In Defense of Israel

Reaksie op John Hagee se Boek, In Defense of Israel

Die Uitvoerende Komitee van die Unie van Messiaanse Joodse Gemeentes (Union of Messianic Jewish Congregations) het hulleself van sekere leerstellige standpunte wat pastor John Hagee in sy nuwe boek, In Defense of Israel, ingeneem het, gedistansieer. Hierin beweer hy dat Jesus Homself nooit as die Messias van Israel aangebied het nie, en dat Jesus net die Verlosser van die nie-Joodse volke is. Hy huldig ‘n geruime tyd reeds die standpunt dat Jode sonder Jesus gered kan word, omdat hulle volgens hom reeds deur middel van die Ou Testamentiese verbond ‘n verhouding met God het. Hy sê dat enige poging tot Joodse evangelisasie in die lig hiervan tot mislukking gedoem is. Hierdie standpunt het vir Hagee die guns van ortodokse Jode verseker, maar die antagonisme van Messiaanse Jode, asook die meeste evangeliese Christene, op die hals gehaal. ‘n Koördinerende liggaam vir Joodse Messiaanse gemeentes, die Union of Messianic Jewish Congregations, het op 28 November 2007 die volgende verklaring hieroor uitgereik:

As Messiaanse Jode waardeer ons die Christene se toenemende ondersteuning vir Israel en die Joodse gemeenskap die afgelope jare. Hierdie betekenisvolle verandering in Joods-Christelike verhoudings stel eeue se anti-Semitisme reg en hou baie belofte vir die toekoms in. Ons gee veral erkenning aan die belangrike werk van pastor Hagee, wat duisende Christene vir hierdie saak gemobiliseer het. Terselfdertyd het ons egter ernstige bedenkinge oor sommige van die dogmatiese stellings wat Pastor Hagee in sy boek ingeneem het. Sy standpunt is in stryd met die Bybelse leer en ondermyn die getuienis van Joodse volgelinge van Jesus. Dit verswak ook die kwaliteit van Christelike steun vir Israel.

Hagee sê dat Jesus nie die Messias van die Jode is nie, maar die Redder van die nie-Joodse wêreld. Hierdie stelling is in stryd met verskeie Nuwe Testamentiese uitsprake, en ook met die aansprake van Jesus self. Die Nuwe Testament open met die woorde: "Die geslagsregister van Jesus die Messias, die Seun van Dawid, die Seun van Abraham" (Matt. 1:1). Neem in ag dat Messias van die Hebreeuse vertaling van "Die Gesalfde" afgelei is, en Christus van die Griekse vertaling van dieselfde woord. Indien die Messias, die Seun van Dawid, nie Israel se koning is nie, wie se koning is Hy is dan? Mattheus verbind die Messiasskap van Jesus aan sy afkoms van Israel se grootste koning, Dawid, en ook van die vader van die Joodse volk, Abraham. Op Pinksterdag het Petrus Jode uit elke nasie aangespreek, en vir hulle gesê: "Laat dan die hele huis van Israel sekerlik weet dat God Hom Here en Messias gemaak het, hierdie Jesus wat julle gekruisig het" (Hand. 2:5 en 36). As gevolg hiervan het duisende Jode daardie dag vir Jesus as Messias erken en aangeneem. Aan die einde van die eerste eeu was daar baie duisende Jode wat Jesus as Messias erken het. Was hulle verkeerd?

Paulus het van Jode gepraat wat in sy tyd vir Jesus aangeneem het, as ‘n oorblyfsel wat op God se onveranderlike doel met die hele Israel gedui het (Rom. 11:1-6,16). En wat van vandag? Daar is honderde Messiaanse Joodse gemeentes in die wêreld, met duisende Jode wat Jesus as Messias erken. Hulle lewer die bewys vir Paulus se stelling: "Wat sal hulle aanneming anders wees as lewe uit die dode?" (Rom. 11:15). Hagee ignoreer egter hierdie werklikhede, asook die basiese Bybelse waarhede waarop dit gebaseer is.

Om te leer dat Jesus nie as die Messias van die Jode gekom het nie, is ten diepste ‘n anti-Joodse stelling... (einde van aanhaling).

Bron: Webblad van die Union of Messianic Jewish Congregations: www.umjc.net

Jesus ís die Messias van Israel!

Daar word selfs onder ‘n klein groepie ortodokse Jode aanspraak gemaak dat Jesus die Messias van Israel is, hoewel die groot meerderheid van hulle dit steeds ontken. Dit is duidelik ter voorbereiding op die spoedige koms van die Here Jesus. Die volgende berig is deur Teresa Neumann geskryf en deur Israel Today gepubliseer:

Claims of a Deceased Ultra-Orthodox Rabbi Naming Jesus as the Messiah Circulate Around the World

By Teresa Neumann (January 17, 2008)

A modern day Nicodemus? With God, all things are possible.

(Israel)-As this report from Israel Today continues to circulate around the world, its incredible claim continues to thrill, confound, inspire and antagonize millions, depending on what side of the religious aisle one sits. In typical fashion, the hotly debated story (accessed by following the link provided) reads like an underground mystery novel.

In essence, the report claims that in September of 2005, before the prominent, 108-year-old, ultra-orthodox Jewish rabbi Yitzhak Kaduri died, he wrote a small note that he requested be sealed until after his death. In the note, it is claimed he named Jesus Christ as the Messiah. The note was reportedly signed by him, Yitzhak Kaduri, in "the month of mercy."

Says the report: "A few months before Kaduri died...he surprised his followers when he told them that he met the Messiah."

Kaduri's son, Rabbi David Kaduri, confirmed that in his last year, "his father had talked and dreamed almost exclusively about the Messiah and his coming."

"My father has met the Messiah in a vision," he said, "and told us that He would come soon."

The most striking thing about Kaduri's manuscripts, other than naming Jesus as the Messiah, says the report, were the "cross-like symbols painted by Kaduri all over the pages. In the Jewish tradition, one does not use crosses. In fact, even the use of a plus sign is discouraged because it might be mistaken for a cross."

Naturally, the note continues to be contested by those in the orthodox community unwilling to believe that the elderly Kaduri was physically able to write it, even though the rabbi was famed for his intelligence.

Source: Staff of Israel Today.

‘n Teken aan die wêreld

Die tyd kom vinnig nader dat die hele wêreld op ‘n dramatiese manier van Jesus Christus kennis sal neem, want Hy gaan Homself aan alle mense openbaar. Dit behels uitredding, seën en verheerliking vir dié wat aan Hom behoort - dit is sy bruidsgemeente - en goddelike oordele oor almal wat Hom as Messias en Verlosser verwerp het. Johannes sê: "U toorn het gekom en die tyd van die dode om geoordeel te word en om die loon te gee aan u diensknegte, die profete, en aan die heiliges en aan die wat u Naam vrees, klein en groot, en om die verderwers van die aarde te verderf" (Op. 11:18).

Eers sal die Here Jesus sy diensknegte in die geheim wegvoer (1 Thess. 4:16-17; Luk. 21:36), sodat hulle loon voor sy regterstoel kan ontvang (2 Kor. 5:10) en saam met Hom die wêreld kan oordeel en regeer (1 Kor. 6:2; Op. 5:9-10). Gedurende die verdrukking sal Hy oordele oor ‘n God-verwerpende wêreld uitstort omdat hulle Hom nie as Messias en Verlosser aanvaar het nie (Matt. 24:21). Aan die einde van die groot verdrukking sal ‘n oorblyfsel van Israel en die nasies gered word (Sag. 12:10; Matt. 24:29-30). Hierna sal die duisendjarige vrederyk van Christus op aarde gevestig word (Op. 11:15; 19:11-15; 20:4).

Die wegvoering van die ware gelowiges in Israel en die nasies sal vir die hele wêreld ‘n groot skok wees. Diegene wat van die beloftes van die wegraping bewus was, sal presies weet wat gebeur het. Ortodokse Jode sal uit die oogpunt van die tradisionele Joodse huwelik weet dat die Bruidegom sy bruid kom haal het. Vir die bruid sal dit ontvlugting uit ‘n besonder donker tyd van dreigende oordele oor die wêreld wees, net soos wat dit in Noag en Lot se tyd was. In daardie tyd het die ware gelowiges die oordele van God ontvlug (Matt. 24:37-39). In die eindtyd sal dit weer so wees:

"Dan sal daar twee op die land wees; die een word aangeneem en die ander word verlaat. Twee vroue sal by die meul maal; die een word aangeneem en die ander word verlaat. Waak dan, omdat julle nie weet watter uur julle Here kom nie. Maar weet dit: as die huisheer geweet het in watter nagwaak die dief sou kom, sou hy gewaak en nie toegelaat het dat in sy huis ingebreek word nie. Daarom moet julle ook gereed wees, want die Seun van die mens kom op ‘n uur dat julle dit nie verwag nie" (Matt. 24:40-44).

Die skielike verdwyning van miljoene Christene sal as ‘n baie groot skok deur vormgodsdienstige ‘Christene' ervaar word, omdat hulle hierdie belofte van ‘n ingryping deur God totaal verwerp het. Vir die Jode sal dit ook ‘n skok wees wanneer die Messiaanse gelowiges skielik uit hulle midde verdwyn. Diegene wat werklik besef wat gebeur het, sal Jesus as Messias aanneem. In hierdie herlewing sal 144 000 Jode gered word en kragtig van die Messias getuig (Op. 7:2-8). Groot getalle nie-Jode sal ook gered word (Op. 7:9-17).

In dieselfde tyd sal die Antichris egter as ‘n misleier op die toneel verskyn en by verre die meeste mense mislei om hom as die ware Messias te aanvaar. Hy sal voorgee dat dit hy was wat Israel én die wêreld uit ‘n dreigende oorlog gered het, asook uit ‘n ekonomiese ineenstorting wat daarop sou gevolg het. As gevolg hiervan sal hy feitlik onmiddellik as die beloofde Messias deur Israel en die nasies aanvaar en aanbid word (Joh. 5:43; Op. 13:3-4).

Die Jode én die nasies kry ‘n laaste kans om kennis te neem van die duidelike manier waarop die Here Jesus Homself in sy Woord as die Messias en Verlosser aan hulle openbaar. As hulle dit nie aanneem nie, sal hulle die voorwerpe van sy toorn wees. Jesus het gekom tot ‘n val en ‘n opstanding van baie in Israel én die wêreld, en tot ‘n teken wat weerspreek sal word (Luk. 2:34). Vir dié wat in Hom glo, is Hy die opstanding en die lewe (Joh. 11:25), maar vir almal wat Hom verwerp, sal Hy die Regter wees wat hulle finale val sal bewerk deur hulle tot die ewige poel van vuur te verdoem (Hand. 17:30-31; Op. 20:11-15).

Laat ons liewer onder die wyse maagde wees wat vir sy spoedige koms gereed maak. Daar sal ‘n ondenkbare groot prys wees om vir geestelike dwaasheid te betaal.

 

Share

Comments

  Comment Your feedback helps us to improve the message we cary

Subscribe: e-Shofar

The e-Shofar is an email newsletter that provides prophetic insight into current event and other news updates.
Thank you for supporting this Ministry.
2 Corinthians 9:6-7

© 2024 Longtom Radio. Some rights reserved. Free to copy and distribute articles and audio programs.