Welkom By Longtom Radio
Hierdie webtuiste se doel is om, as hulpmiddel, U te ondersteun om die eindtyd, waarin ons nou leef, te verstaan en te ondersoek in U Bybel en daardeur beter insig te verkry.
Ons artikels webafdeling dek ‘n wye spektrum van onderwerpe. Ons vertrou dat U eerstens op die Feeste dokumente sal fokus, want daarin lê die sleutel tot die seisoen waarin ons leef. Meeste van die artikels is slegs in Engels beskikbaar om ‘n groter gehoor te bedien maar ‘n seleksie Afrikaanse dokumente is ook beskikbaar. ‘n Opsommende klankbaan van die onvervulde Feeste van die Messias in Afrikaans is hier beskikbaar.
Die kaarte webafdeling dien verder as sleutels vir U, om van die konsepte visueel oor te dra. Hierdie inligting is nie nuut nie, dit is so oud soos die Bybel self.
Verder wil ons U graag nooi na ons Internet Radio, wat aktuele klankbane op aanvraag ("audio on demand") bevat en wat elke Saterdag met vars nuwe programme gelaai word.
Omdat meeste eindtyd profesieë rondom Israel draai, het ons ook ‘n Israel nuusblad wat halfuurliks vanuit Jerusalem opgedateer word.
Daar is geen vangplek nie. Ons is onafhanklike medegelowiges en ons tree op as wagters op die muur, om aan U bekend te maak dat die geestelike tydklok op sy einde gekom het. Ons is nie verbonde aan enige spesifieke denominasie nie maar, hoe dit ookal sy, die tyd loop vir almal uit.
Ons enigste doel en strewe is om U te laat besef dat ons werklik ernstig moet kyk na ons eie geestelike toestand, en waar nodig dit sal regstel, aangesien ons gunstige tyd besig is om vinnig uit te loop.
Ons weet dat baie van U moontlik nog nooit bedien is met hierdie eindtyd inligting nie. Die rede daarvoor is in meeste gevalle onkunde of gebrek aan blootstelling. Beskou hierdie as U geleentheid om self kundiger te raak aangaande die eindtyd en seker te maak dat U geestelike sake met ons Skepper in orde is, voordat dit vir U te laat word.
Die Bybel leer ons dat daar in die laaste dae ‘n menigte van valse leraars sal wees. Ons glo dat die Bybel geskryf is dat selfs ‘n kind dit sal verstaan en sou U alles self aan die voorskrifte in die Bybel toets en biddend daaroor nadink, sal U nie nodig hê om na iemand anders te gaan om U te ly en U moontlik op ‘n dwaalspoor te kan plaas nie.
Aangaande die nuwe stroming in die Teologie van Suid Afrika, luister na die volgende klankbaan.
Kyk ook na fotos van oorlogskade in Israel.
Ons vertou dat die webtuiste vir U ‘n welkome heenkome sal wees en U sal help met U strewe tot diepper insig in ons Skepper.
Ander
geloofsoortuigings:
Ons doel is nie
om ander geloofsoortuigings aan te val nie. Maar ons is ook nie anders oortuigbaar
nie en wil nie debatvoering hieroor onderneem nie. Ondersoek self die inligting wat voorgehou
word en behou slegs wat goed is.
Feesdatums vir 2008:
Purim/Fees van Ester - Sonsonder 20 - 21 Maart 2008
Pesach - Sonsonder 19 - 20 April 2008
Fees van Eerste Vrugte - Sonsonder
23 - 24 April 2008
- opstanding oggend 24 April
Ongesuurde Brode - Sonsonder 20 - 27 April 2008
Shavuot/Pinkster - Sonsonder 13 - 14 Junie 2008
Fees van Trompette / Rosh Hashanah - Sonsonder 29 September - 1 Oktober 2008
Dag van Verootmoediging / Yom Kippur - Sonsonder 8 - 9 Oktober 2008
Loofhuttefees / Sukkot - Sonsonder 13 - 21 Oktober 2008